Posbus 2260, Kroonstad 9500
Reitzstraat 34, Kroonstad, 9499
Tel: (056) 215 2231
Faks: (056) 213 4886
E-pos: info@corcomm.co.za
NBCEI 17516
PSIRA Reg #087 2043
SAIDSA 722
BELANGRIKE NOTAS
Die tabel aan die regterkant toon die aanbevole en absolute minimum hoeveelheid werkruimte wat benodig word vir die normale installasie van standaard grootte deure. As die beskikbare ruimte minder is as wat hier genoem word, sal spesiale toerusting benodig word om die installasie te onderneem. Die openingsgroottes vir die "daglig" vir Op-Tip en Staal Rol-Op deure is dieselfde as vir Oorhoofse deure.
Ons neem sekere veronderstellings, naamlik:
1. Die opening groottes is standaard.
2. Die struktuur is waterpas, gelyk, vierkantig en loodreg.
3. Vir oorhoofse deure, oorvleuel die deurpaneel die opening met hoogstens 30 mm aan die bokant en sye.
Standaard Openingsgroottes
Enkel Grootte Deure: 2440 mm Wyd x 2135mm Hoog
Dubbelgrootte Deure: 4880 mm Wyd x 2135mm Hoog
Karavaan Hoogte Deure: Die hoogte van karavaan deure sal afhang van of 'n S-deling of 'n 6-deling (of selfs meer delings) gebruik moet word. 'n Daglig openingshoogte van 2560 mm is gewoonlik voldoende vir karavane, minibusse en 4x4 voertuie met dakrakke.
Minimum ruimte benodig vir Standaard Grootte Deure - Aanbeveel en (absolute minimum)
Hoof spasie
Outomatiese deur = 425mm (375mm)
Handwerk deur = 325mm (290mm)
Nibs (albei kante): = 150mm (120 mm)
Middel Kolom: 330mm (240mm)
Agter (kamer) spasie:
Outormatiese deur: 3100 mm (NA)
Handwerk deur: 2650 mm (2450 mm)
Algehele motorhuis wydte
Enkel grootte deur 2740mm (2680mm)
Dubbele grootte deur 5180mm (5120mm)
Let op die vereiste minimum! As die beskikbare spasie minder is as die minimums, sal spesiale toerusting benodig word om installasie te kan doen. Hierdie afmetings sal beinvloed word deur die ontwerp van die deur, dws of die deur 'n 4 of 5 delige deur is en dan ook kan elke vervaardiger die deurseksies effens wyer of hoër maak as 'n ander. Indien geen toegangsdeur voorsien word nie, moet ekstra toerusting geïnstalleer word as die deur geautomatiseer moet word (bv. 'n "noodsleutel toegangs meganisme"). Krag Toevoer: 'n 3 Punt 15 A - enkelfase kragpunt, 3 000 mm vanaf die opening en ongeveer 300 mm vanaf die middelpunt van die deur is ideaal.